Nie-pratende outistiese mense lewe in die skadu van die samelewing. Dit kan slegs verander as hulle eie boodskappe uitkom by ouers, instansies en regerings.
Die Zekwande-Stigting is die enigste organisasie in Afrika wat deur ‘n nie-pratende outistiese persoon gestig is om die regte van nie-pratendes te bevorder. Die stigter, 14-jarige Zekwande Mathenjwa gebruik Spelling to Communicate, ‘n soort Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie.
Die Stigting se bekendstelling word 16 Junie 2021 vanaf 10:00–12:00 in Pretoria gehou. Jy kan dit gratis aanlyn bywoon deur hier te bespreek.